Afrikaans: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
JMK (Besprekings | bydraes)
hahn
JMK (Besprekings | bydraes)
swaving
Lyn 14:
* Hy het sy moedertaal byna volkome verleer en die verminkte Hollands van die koloniste gepraat.
** [[w:Hinrich Lichtenstein|Martin Lichtenstein]] in Reisen im südlichen Afrika II (1803–1806), p. 151, met verwysing na die Duitse botanis J. A. Auge wat hom in die Kaap gevestig en die voertaal aanvaar het.
 
* [Ek is bekend met] daardie tipe van baster-Nederlands wat in hierdie land deur die boere en slawe gepraat is, asook onder die Hottentotte en verskillende ander heidenrasse, en wat ook nie volkome ontbreek in die spraak van selfs die mees gekultiveerde van die Christene en die hoëre klasse van die mense nie.
** J.G. Swaving in 1828, in verwysing na die Kaaps-Hollands wat hy as tolk by die Kaapse Hooggeregshof opgemerk het, soos aangehaal in [https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA02590190_585 The Coloured Image of Afrikaans in Nineteenth Century Cape Town] deur Achmat Davids, p. 39.
 
* Die hoofdoel van die volgende versameling, soos mens uit die staanspoor uit die titel van ons werk kan aflei, was om die Nederduits, versover die taal wat in hierdie kolonie gebesig word sodanig aangedui kan word, van volkome vreemde en verminkte woorde en segswyses te suiwer, of minstens die weg daartoe aan te dui. ... Aangesien dit nuttig is om te let hoe die Nederduits van een geweste in Nederland van 'n ander verskil, en hoe by vergelyking, een aanwending van die taal 'n ander belig en verklaar, is dit insgelyk nie te versmaai om die eienaardighede van Kaaps-Nederduits in samehang te beskou nie.
Line 47 ⟶ 50:
**[[w:Stephanus Jacobus du Toit|S.J. du Toit]] van die [[w:Genootskap van Regte Afrikaners|GRA]] omtrent die [[w:Afrikaner Bond|Afrikaner Bond]] party, c. 1881, wat [[w:Cecil John Rhodes|C.J. Rhodes]] in sy geledere sou insluit, aangehaal in The Genesis of Afrikaans, deur Achmat Davids, in Afrikaans Literature: Recollection, Redefinition, Restitution, pp. 55–56, 1996, Robert & Ethel Kriger
 
* [Alhoewel] foneties Teutonies, is dit bewustelik 'n Hottentot-idioom in sy hooftrekke. ... Daar kan kwalik verwag word dat die afstammelinge van die Maleis-Polinesiese slawe en Hottentot-bediendes, wat oorspronklik agglutinatiewe tale gepraat het, enige opbouende invloed op 'n inflektiewe taal sal hê.<!--[Although] phonetically Teutonic, it is psychologically essentially a Hottentot idiom. ... It can hardly be expected that the descendants of the Malayo-Polynesian slaves and Hottentot servants, who originally spoke an agglutinative tongue, will have any improving influence on an inflecting language.-->
** Dr. Theophilus Hahn in 'n aanbieding by die [[w:Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika|Suid-Afrikaanse PubliekeOpenbare Biblioteek]] op 29 April 1882, soos aangehaal in [https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA02590190_585 The Coloured Image of Afrikaans in Nineteenth Century Cape Town] deur Achmat Davids, p. 37
 
* Vir intellektuele opvoeding is Afrikaner-Nederlands geen aanwins nie, want dit beskik oor geen literatuur nie, en het 'n baie beperkte woordeskat. Vir interne diskoers en as 'n handelsmedium is Engels die meerdere daarvan, en in buitelandse handel is dit sonder aansien.
Line 58 ⟶ 61:
 
* ... om in die eerste plaas te wys dat ons Afrikaans nie beskou as 'n kombuistaal nie: daarom het ons dit die slag in die voorkamer geset.
** Johannes Visscher in 7 Julie 1905, as redakteur in die eerste uitgawe van 'n Vrystaatse koerant, ''De Vriend des Volk'', soos aangehaal in [https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA02590190_585 The Coloured Image of Afrikaans in Nineteenth Century Cape Town] deur Achmat Davids, p. 41.
 
* Die beste voorbeelde van Kaaps-Hollands is besmoontlikmoontlik onder die [[w:Maleiers|Maleise bevolking]] in die Kaapse Skiereiland te vinde, wie se aanbidding in 'n vreemde taal geskied, en die [[w:Bruin mense|Basters]] wat by Duitse sendingstasies gebore en getoë is, waar Kaaps-Hollands die enigste voertaal is. Onder albei hierdie klasse sal jy 'n spraakbedrewenheid aantref wat niks aan vreemde elemente verskuldig is nie en hul tot 'n gemaklike uiting van alle sentimente en gevoelens leen, maar tog tot die eng grense van 'n patois beperk is.
<!--Perhaps the best representatives of Cape Dutch are to be found among the Malay population in the Cape Peninsula, whose worship is conducted in a foreign tongue, and the Bastard born and bred at German mission stations, where Cape Dutch forms the only medium of expression. Among either of these classes one may find a readiness of speech unalloyed with foreign elements, which provides easy vent for all sentiments and every feeling, though confined to the narrow limits of a patois.-->
** [[w:Hubertus Elffers|Hubertus Elffers]], 'n Nederlandse grammatikus in 1908, soos aangehaal in [https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA02590190_585 The Coloured Image of Afrikaans in Nineteenth Century Cape Town] deur Achmat Davids, p. 42.