Afrikaans: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
JMK (Besprekings | bydraes)
cilliers et al
JMK (Besprekings | bydraes)
giliomee et al
Lyn 62:
** Aanmaning deur [[Jopie Fourie]] voor sy terregstelling op 20 Desember 1914, soos aangehaal deur Luan Schalkwyk in [https://www.kraaluitgewers.co.za/jopie-fourie-rebelle-held-se-afskeidsbrief-ure-voor-sy-dood/ Jopie Fourie: Rebelle-held se afskeidsbrief ure voor sy dood], ''Kraal Uitgewers'', 21 Junie 2017.
 
* As Afrikaans en Afrikanerdom ten gronde gaan, sal dit 'n onherroeplike ramp vir Suid-Afrika meebring. En dit mag onder geen omstandighede gebeur nie, want wie het Afrikaans en Afrikanerdom tot nou toe gepreserveer? Nie hierdie mense wat simposiums hou en groot praat nie. Die Nasionale Party het Afrikaans en Afrikanerdom tot stand gebring. ... Afrikaans word gepraat in kringe waarin dit nog nooit tevore gepraat is nie. Vandag is daar respek vir Afrikaans by mense wat nog nooit voorheen respek daarvoor gehad het nie. Ons moenie kla dat Afrikaans [weens inskiklike taalbeleid] geruïneer word nie. Ons moet trots wees en ons verheugverbly dat Afrikaans met snelle skrede vorder in Suid-Afrika!
** [[w:John Vorster|John Vorster]] in sy [http://www.sahistory.org.za/archive/extract-speech-made-heilbron-16-august-1968 Heilbron-toespraak] van 16 Augustus 1968, soos aangehaal in ''sahistory.org.za''.
 
Lyn 105:
* Op skool was Afrikaans 'n verpligte vak wat my met intense afkeur vervul het; dit was 'n harde taal, soos die mense wat dit gepraat het. [...] In my pa se winkel, ... het ek tot my verbasing besef ... dat ek die taal begin geniet het. [Die] warm openhartigheid en ... aardsheid by baie van hierdie mense ... is ryklik en idiomaties in hul gesprekke versinnebeeld. En hoewel ek nooit verder gevorder het as om 'n soort kombuistaal te praat nie, het ek my verbly oor ons gesprekke.
** [[w:David Goldblatt|David Goldblatt]] in "Some Afrikaners Photographed, 1975 – Some Afrikaners Revisited, 2006", 2006.
 
* Slawe en Khoikhoi-bediendes het die grootste aandeel gehad aan die ontwikkeling van die hergestruktureerde Nederlands. In die verloop van die agtiende eeu het burgers en hul diensknegte, in wisselwerking met mekaar, die herstrukturering verder gevoer. Nederlands is vereenvoudig en 'n aansienlike hoeveelheid Maleis-Portugees, soos deur die slawe gepraat, is toegevoeg. Teen die einde van die eeu het Kaaps-Hollands grootliks geword wat nou Afrikaans is. In die Wes-Kaap, veral in sy plattelandse dorpe en plase, het die hoofvariëteit van Afrikaans posgevat as die gedeelde kulturele skepping ...
** [[w:Mac Maharaj|Mac Maharaj]] in The Foundational Study: [https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv03445/04lv04015/05lv04154/06lv04196/07lv04198.htm African Leadership – Afrikaner Leadership Experience], III. The Manifestations of Afrikaner Leadership 3. Afrikaner Identity and Cultural Transformation (ca 2006), O'Malley – The Heart of Hope, Nelson Mandela Centre of Memory
 
* Die eerste poging om 'n kenmerkende Afrikaner-geskiedskrywing te formuleer, is aangevoer deur [Afrikaner-] inwoners van die klein dorpie Paarl, [wat] die Genootskap van Regte Afrikaners gestig het. Hulle het effektief gereageer op die kulturele oorheersing van die Britse koloniale regime. ... Hulle het hul eie geskiedenis gebaseer op publikasies van Europese outeurs wat kritiek op die Britse imperialisme gelewer het en op private korrespondensie en onderhoude met mede-Afrikaners. Al was dit 'n eenvoudige, naïewe geskiedenis, was dit 'n baanbrekende prestasie. Dit was die eerste boek wat in Afrikaans ― die gesproke taal van die volk ― gepubliseer is, eerder as Nederlands, waaruit dit in die Suid-Afrikaanse milieu gegroei het deur die sintaksis te vereenvoudig, die vokaalklanke te verander, irrelevante woordeskat af te staan, en leenwoorde te neem uit die ander tale wat in die agtiende eeu aan die Kaap gepraat is ― Maleis, Portugees-kreools en Khoikhoi.
** [[w:Mac Maharaj|Mac Maharaj]] in The Foundational Study: [https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv03445/04lv04015/05lv04154/06lv04196/07lv04198.htm African Leadership – Afrikaner Leadership Experience], III. The Manifestations of Afrikaner Leadership 3. Afrikaner Identity and Cultural Transformation (ca 2006), O'Malley – The Heart of Hope, Nelson Mandela Centre of Memory
 
* Die saad wat deur die Paarl-dinkskrum geplant is, het nie veel vrugte gedra solank Afrikaners tussen koloniale en republikeinse regimes verdeel was nie. ... Ten spyte van baie terugslae het Afrikanerleierskap geleidelik hul nasionalistiese doelwitte bereik ... Hulle het die wit groep ook weer geskei in Afrikaanssprekendes teenoor die res. Afrikaans het die voorste ampstaal geword, terwyl Engels tweedeklasbehandeling ontvang het. Die leierskap het belowe dat daar geen vermenging van taal, geen vermenging van kulture, geen vermenging van godsdienste en geen vermenging van rasse sou wees nie.
** [[w:Mac Maharaj|Mac Maharaj]] in The Foundational Study: [https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv03445/04lv04015/05lv04154/06lv04196/07lv04198.htm African Leadership – Afrikaner Leadership Experience], III. The Manifestations of Afrikaner Leadership 3. Afrikaner Identity and Cultural Transformation (ca 2006), O'Malley – The Heart of Hope, Nelson Mandela Centre of Memory
 
* Die kern van die Afrikanernasionalistiese stryd was die poging om 'n nuwe nasionale gemeenskap met sy taal te vestig wat gelyk in aansien was met Engels in die openbare sfeer. ... Dit beteken dat Afrikaans in die parlement, die staatsdiens, skole, kolleges en universiteite en in die sakewêreld en finansies gehoor moes word; dit moes die medium van koerante, romans en gedigte wees, wat uitdrukking moes gee aan wat eg Suid-Afrikaans was. Pleks daarvan dat Engelssprekendes Afrikaners in berigte, romans of geskiedenis uitgebeeld het as alles wat hulle nie was nie: onverfynd, halfgeletterd, rassisties, dogmaties en onprogressief, moes Afrikaners hulself definieer en aanbied as die ware Suid-Afrikaners.
** [[w:Mac Maharaj|Mac Maharaj]] in The Foundational Study: [https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv03445/04lv04015/05lv04154/06lv04196/07lv04198.htm African Leadership – Afrikaner Leadership Experience], III. The Manifestations of Afrikaner Leadership 3. Afrikaner Identity and Cultural Transformation (ca 2006), O'Malley – The Heart of Hope, Nelson Mandela Centre of Memory
 
* * 'n Goeie plaaslike voorbeeld van [die proses om 'n taal te bevorder] is Afrikaans: 150 jaar gelede is Afrikaans oor die algemeen gesien as 'n blote omgangstaal (in die negatiewe sin), een wat slegs vir die laagste sosiale funksies gebruik is, aan 'n skryfstelsel ontbreek het, en oor geen literatuur beskik het nie. Geleidelik word Afrikaans egter as 'n instrument in die stryd teen die imperialisme van die Britse koloniale regering, en teen die Nederlands-georiënteerde elite se voorkeur vir Nederlands (en Engels) in hoë funksie-kontekste aangewend[.] 'n Groep onderwysers en predikante het toe 'n beweging aangevoor wat op die ontwikkeling (inhoudelike organisering) en bevordering (status- en prestige-beplanning) van Afrikaans gefokus was. Geleidelik het 'n gevoel van trots en lojaliteit teenoor Afrikaans ontwikkel, en binne ongeveer 60 jaar is Afrikaans erken as 'n taal van die publieke domein[,] 'n volwaardige standaardtaal.
** Michel Lafon en Vic Webb in [https://halshs.archives-ouvertes.fr/halshs-00449090/document The Standardisation of African Languages ― Language political realities], p. 17, ''IFAS'', 2008.
 
* Min tale het soveel omstredenheid verwek wat historiese ontwikkeling benewens plek in die moderne samelewing betref.
** Anthony F. Buccini and co-authors in [https://www.britannica.com/topic/West-Germanic-languages#ref603807 West Germanic languages: Afrikaans], ''Encyclopedia Britannica'', 2010.
 
* Afrikaans sal oorleef en sal verder ontwikkel in 'n verskeidenheid dialekte. Dit is wat vir my belangrik is, daardie tipe vryheid. Die Afrikaners beteken nie vir my veel nie.
** [[w:Koos Kombuis|Koos Kombuis]], soos aangehaal in [https://mg.co.za/article/2013-04-12-00-oh-broeder-where-is-the-volk-now/ Oh broeder, where is the volk now?], ''Mail & Guardian'', 12 April 2013.
 
* Dit is hoekom Afrikaans-eksklusiewe of selfs Afrikaans-dominante wit skole en universiteite 'n ernstige bedreiging inhou vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Jy kan eenvoudig nie jongmense voorberei om die littekens van ons geweldadige verlede te hanteer sonder om optimale geleenthede te skep in die opvoedkundige omgewing vir gemengde leer- en leefwyses nie.
Line 111 ⟶ 132:
* Afrikaans is 'n kanker wat vernietig moet word.
**Prof. [[w:Malegapuru William Makgoba|M. W. Makgoba]], [[w:Rektor|rektor]] van die [[w:Universiteit van KwaZulu-Natal|Universiteit van KwaZulu-Natal]], na voorstelle dat Afrikaanse kursusse aan hierdie universiteit opgeskort moet word, aangehaal in [[w:Beeld|Beeld]], 24 Oktober 2013
 
* Teen die negentigerjare was Afrikaans nie meer die instrument van 'n chauvinistiese Afrikanernasionalisme nie. Afrikanerhistorici het begin om die veelsydige aard van ons eie geskiedenis te beklemtoon, Afrikaans is nie meer as onderrigmedium aan swart skole opgelê nie en die taal is drasties op staatsradio en televisie afgeskaal. Maar Afrikaans, benewens net drie ander (Hebreeus, Indonesies en Hindi), kon daarop roem dat die enigste tale was wat in die verloop van die twintigste eeu die oorgang kon maak van 'n lae-status omgangstaal na 'n taal wat in alle vlakke van die openbare lewe, insluitend literatuur, wetenskap en tegnologie in gebruik was.
** [[w:Hermann Giliomee|Hermann Giliomee]] in [https://www.politicsweb.co.za/opinion/the-war-against-afrikaans-at-stellenbosch The war against Afrikaans at Stellenbosch], ''politicsweb'', 28 April 2016.
 
* 'n Taal wat nie 'n kommersiële waarde het nie, sterf.