Afrikaans: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
JMK (Besprekings | bydraes)
vorster et al
JMK (Besprekings | bydraes)
cilliers et al
Lyn 50:
** [[w:Hjalmar Reitz|Hjalmar Reitz]] in 1903, soos aangehaal in Boer en Brit: Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Anglo-Boereoorlog, p. 285, deur Ena Jansen & Wilfred Jonckheere, 1999.
 
** Die generaal gebruik nie suiwer Afrikaans in sijn toesprake nie en ook nie 'n Hollands wat met die taal van 'n Hollander maklik kan verwar word nie, maar 'n soort Afrikaans met hollandse verbuiginge wat hij sonder 'n bepaalde plan holderste bolder inlas sodat daar nou en dan bij toeval een op die regte plek kom.
** [[w:Cornelis Jacobus Langenhoven|C. J. Langenhoven]] oor die taalgebrui van generaal [[w:Louis Botha|Louis Botha]], aangehaal in Kannemeyer, J. C., 1995. "Langenhoven. 'n Lewe.", ''Tafelberg'', p. 302
 
Lyn 92:
* Afrikaans is 'n taal wat uit die bodem van Suid-Afrika gegroei en ontwikkel het, gevoed deur die verskeidenheid van tale en kulture in ons land, gewortel in die soeke na eie identiteit en vryheid. Sy krag en hoop op die toekoms was nog nooit spesiale bevoorregting nie; maar as een van die tale van Suid-Afrika wat skouer aan skouer tesame met die ander tale met respek en gelyke regte die toekoms tegemoet moet gaan.
** [[w:Nelson Mandela|Nelson Mandela]], in 'n [http://www.mandela.gov.za/mandela_speeches/1995/950817_atkv.htm toespraak] tydens 'n besoek aan die [[w:ATKV|ATKV]], gelewer in Afrikaans op 17 Augustus 1995
 
===20ste eeu===
* Op die oomblik lyk dit asof plaaslike Engels geen spesifieke sosiale waarde het nie, en daar is dus geen duidelike rede vir sy sprekers om die kenmerke daarvan te wil behou nie. Dit geld nie vir nie-standaard Afrikaans nie, wat beskou word as warm, intiem en 'n teken van lidmaatskap van die gemeenskap.
** Kay McCormick in "Language in South Africa", p. 224, Rajend Mesthrie (red.), 17 Oktober 2002.
 
* ...argitek Jan van Wijk se [[w:Afrikaanse Taalmonument|merkwaardige 1975-gedenkteken]] vir een van die wêreld se lelikste tale is, indien niks meer nie, nuttig as 'n uitstekende piekniekplek op pad na die wynlande van Franschhoek en Stellenbosch.
**Bronwyn Davies of redakteur Richard Cook, in [[w:Wallpaper (magazine)|Wallpaper]], September 2005
 
*... ek is terloops Afrikaans. ... Ek dink nie juis te veel daaraan nie, net soos ek nie te veel daaraan dink dat ek 'n lewer het nie. Die huidige onrustigheid oor Afrikaans vind ek egter ontstellend. Dit doen die beeld van Afrikaners, en dus ook van Afrikaans, niks goeds nie. ... om op so 'n selfregverdigende wyse op jou bors te slaan (net tien jaar na die einde van apartheid) is moreel in swak smaak. [...] Ons word ... deur sekere partye opgeroep om te mobiliseer vir Afrikaans, om te veg vir die voortbestaan van Afrikaans en vir minderheidsregte. Die probleem is egter dat ek myself nie tans as deel van 'n minderheid sien nie. Toe ek in die 1970's en 1980's, as Afrikaner, apartheid weerstaan het ― en nie in die 1990's toe dit modieus geword het nie ―, toe het ek my wel deel van 'n minderheid gevoel.
**[[w:Paul Cilliers|Paul Cilliers]] in 'n brief aan die ''Die Burger'' (10 Oktober 2005), soos aangehaal in ''No Lesser Place: The Taaldebat at Stellenbosch'', p. 133, Chris Brink (2006)
 
* Op skool was Afrikaans 'n verpligte vak wat my met intense afkeur vervul het; dit was 'n harde taal, soos die mense wat dit gepraat het. [...] In my pa se winkel, ... het ek tot my verbasing besef ... dat ek die taal begin geniet het. [Die] warm openhartigheid en ... aardsheid by baie van hierdie mense ... is ryklik en idiomaties in hul gesprekke versinnebeeld. En hoewel ek nooit verder gevorder het as om 'n soort kombuistaal te praat nie, het ek my verbly oor ons gesprekke.
** [[w:David Goldblatt|David Goldblatt]] in "Some Afrikaners Photographed, 1975 – Some Afrikaners Revisited, 2006", 2006.
 
* Dit is hoekom Afrikaans-eksklusiewe of selfs Afrikaans-dominante wit skole en universiteite 'n ernstige bedreiging inhou vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Jy kan eenvoudig nie jongmense voorberei om die littekens van ons geweldadige verlede te hanteer sonder om optimale geleenthede te skep in die opvoedkundige omgewing vir gemengde leer- en leefwyses nie.