Afrikaans: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
JMK (Besprekings | bydraes)
Changuion
JMK (Besprekings | bydraes)
vorster et al
Lyn 7:
** [[w:Hendrik van Rheede|Hendrik van Rheede]] antisipeer 'n [[w:patois|patois]] in sy dagboek van 1685, aangehaal in Afrikaans en sy Europese Verlede, E. H. Raidt, p. 148, 1980, ISBN 0625014421.
 
===18de eeu===
* Die taal van die landelikes is so weinig suiwer Nederlands as wat die taal van Duitse boere suiwer Duits is. Die mans het 'n baie oordrewe spraak en die vrouevolk het segswyses aangeneem wat by geleentheid werklik verregaande is. Om 'n voorbeeld te noem, as jy hulle sou vra of hulle geen Bybel het nie, is die antwoord: "Onz heeft geen Bijbel ..." As jy hulle dan sou vra: "Hoeveel ''onze'' gaan daar in 'n pond?", word hulle rooi van skaamte.
** Otto Friedrich Mentzel in Vollständige geographische und topographische Beschreibung des ... afrikanischen Vorgebirges der Guten Hoffnung (1785–1787), aangehaal in Afrikaans en sy Europese Verlede, E. H. Raidt, pp. 149–150, 1980, ISBN 0625014421. Direk hierop haal Mentzel 'n voorbeeld van hulle geaffekteerde grammatika aan wat 'n neiging na Afrikaans openbaar.
Line 23 ⟶ 24:
* Die taal van die Kaap! ... Asof die ellendige brabbeltaal wat die voertaal van hierdie land is, enigsins die naam van taal waardig is. ... Die gebrekkige uitdrukkingskrag in hierdie broutaal is sodanig, dat ons enige persoon uitdaag om daarin uitdrukking te gee aan gedagtes wat enigermate bo die louter ordinêre uitstyg ... Daar kan geen literatuur bestaan in so 'n taal nie, want arm soos dit is, is dit kwalik 'n geskrewe taal ... Laat vaar dan julle taal en julle nasionaliteit, en glo ons, julle hoef nie te vrees vir julle geloof nie.
** Redaksiestuk in [[w:Cape Argus|The Cape Argus]], 19 September 1857, 'n beroep vir uitwissing van die "gruwelike voertaal van die Kaap", die nasionaliteit waaraan dit verbonde sou wees, en die vervanging daarvan met Engels, aangehaal in Afrikaans en sy Europese Verlede, E. H. Raidt, p. 212, 1980, ISBN 0625014421
 
* Mense sal jou vertel dat Afrikaans nie 'n taal is nie, omdat dit saamgestel is uit Nederlands, Frans, Hottentots ensomeer. Die wyse waarop die Engelse taal saamgeflans is word egter wyslik verdoesel.
** Rev. [[w:Stephanus Jacobus du Toit|S. J. du Toit]], ''[[w:De Zuid-Afrikaan|De Zuid-Afrikaan]]'', 11 Julie 1874.<!--cf. Joshua A. Fishman (red.), p. 15-->
 
* Ware Afrikaners, ons doen 'n beroep op julle om saam met ons te beken dat die Afrikaanse taal die moedertaal is wat ons Troue Heer ons gegee het; en om deur dik en dun vas te staan vir ons taal; en om nie te rus voor ons taal algemeen erken word as die nasionale taal van ons land nie.
** Beroep in ''[[w:Genootskap van Regte Afrikaners|Die Afrikaanse Patriot]]'', 15 Januarie 1876.<!--cf. Joshua A. Fishman (ed.), p. 18-->
 
* Julle praat nie Nederlands, dit wil sê die suiwer ou Hollandse spreektaal nie, en nog minder sou julle jul lippe bevuil met die [[w:patois|patois]] van die Hottentotte om ons. Ek is seker dat ek geen aanstoot wek as ek sê dat julle julle gedagtes uitdruk op 'n wyse wat nié op julle kansels erken word nie, nié in julle wetboeke gelees word nie, nié in julle wetenskapfolios figureer nie, en nog minder erken word as 'n taal van 'n verligte nasie, want dit verskaf nie 'n behoorlike woordeskat vir die laagste straatvolk, of vir die hoogste hoëlui nie ... Dit is een wat besig is om julle en julle kinders onberekenbare skade te berokken. Dit strem julle gedagtes. Dit knel julle energie. Dit laat elke beleefde vrou bloos, en al te dikwels laat dit opgevoedes in afsku terugdeins. Dit korrupteer die sedes van julle kinders, en besoedel hulle onskuldige uitdrukkings ...
Line 36 ⟶ 43:
**[[w:Stephanus Jacobus du Toit|S.J. du Toit]] van die [[w:Genootskap van Regte Afrikaners|GRA]] omtrent die [[w:Afrikaner Bond|Afrikaner Bond]] party, c. 1881, wat [[w:Cecil John Rhodes|C.J. Rhodes]] in sy geledere sou insluit, aangehaal in The Genesis of Afrikaans, deur Achmat Davids, in Afrikaans Literature: Recollection, Redefinition, Restitution, pp. 55–56, 1996, Robert & Ethel Kriger
 
* Vir intellektuele opvoeding is Afrikaner -Nederlands geen aanwins nie, want dit beskik oor geen literatuur nie, en het 'n baie beperkte woordeskat. Vir interne diskoers en as 'n handelsmedium is Engels die meerdere daarvan, en in buitelandse handel is dit sonder aansien.
** [[w:C.J. Langenhoven|C.J. Langenhoven]] as 'n [[w:Stellenbosch University|Victoria College]] student in 1893, aangehaal in [http://www.dbnl.org/tekst/kann003gesk01_01/kann003gesk01_01_0016.php J. C. Kannemeyer], Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1., p. 173, Academica, Pretoria / Kaapstad, 1984
 
===20ste eeu===
* Afrikaansch ... mooi; zoo eenvoudig, ernstig, en oprecht gemeend.
** [[w:Hjalmar Reitz|Hjalmar Reitz]] in 1903, soos aangehaal in Boer en Brit: Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Anglo-Boereoorlog, p. 285, deur Ena Jansen & Wilfred Jonckheere, 1999.
 
** Die generaal gebruik nie suiwer Afrikaans in sijn toesprake nie en ook nie 'n Hollands wat met die taal van 'n Hollander maklik kan verwar word nie, maar 'n soort Afrikaans met hollandse verbuiginge wat hij sonder 'n bepaalde plan holderste bolder inlas sodat daar nou en dan bij toeval een op die regte plek kom.
** [[w:Cornelis Jacobus Langenhoven|C. J. Langenhoven]] oor die taalgebrui van generaal [[w:Louis Botha|Louis Botha]], aangehaal in Kannemeyer, J. C., 1995. "Langenhoven. 'n Lewe.", ''Tafelberg'', p. 302
 
* Hoe lank sal ons hink op twee gedagtes? As Nederlands ons taal is, waarom praat ons hom nie? As Afrikaans ons taal is, waarom skryf ons hom nie?
Line 44 ⟶ 58:
* Van Langenhoven. Provinsiale Raad het my mosie aangeneem wat Afrikaans toelaat als permissiewe medium tot en met die 4e standaard.
** [[w:C.J. Langenhoven|C.J. Langenhoven]] in 'n telegram aan sy eggenoot op 23 April 1914, wat ook in Het Zuid-Westen, sy koerant in Oudtshoorn gepubliseer is, aangehaal in J. C. Kannemeyer, 1995, pp. 296–7. Hiermee het Afrikaans amptelike status in die Kaap ontvang as onderrigmedium in die eerste ses skooljare, om effektief Nederlands in hierdie opsig te vervang. Die Christengemeenskap in [[w:Genadendal|Genadendal]] en die Moslemgemeenskap van die Dorpstraat-[[w:Madrasa|madrasa]], Kaapstad, het egter reeds baie jare tevore Afrikaans as 'n onderrigmedium benut.
 
* Wees getrou tot den dood aan uwe tradities, aan uw Godsdie[nst,] aan uw taal, aan uw volk.
** Aanmaning deur [[Jopie Fourie]] voor sy terregstelling op 20 Desember 1914, soos aangehaal deur Luan Schalkwyk in [https://www.kraaluitgewers.co.za/jopie-fourie-rebelle-held-se-afskeidsbrief-ure-voor-sy-dood/ Jopie Fourie: Rebelle-held se afskeidsbrief ure voor sy dood], ''Kraal Uitgewers'', 21 Junie 2017.
 
* As Afrikaans en Afrikanerdom ten gronde gaan, sal dit 'n onherroeplike ramp vir Suid-Afrika meebring. En dit mag onder geen omstandighede gebeur nie, want wie het Afrikaans en Afrikanerdom tot nou toe gepreserveer? Nie hierdie mense wat simposiums hou en groot praat nie. Die Nasionale Party het Afrikaans en Afrikanerdom tot stand gebring. ... Afrikaans word gepraat in kringe waarin dit nog nooit tevore gepraat is nie. Vandag is daar respek vir Afrikaans by mense wat nog nooit voorheen respek daarvoor gehad het nie. Ons moenie kla dat Afrikaans [weens inskiklike taalbeleid] geruïneer word nie. Ons moet trots wees en ons verheug dat Afrikaans met snelle skrede vorder in Suid-Afrika!
** [[w:John Vorster|John Vorster]] in sy [http://www.sahistory.org.za/archive/extract-speech-made-heilbron-16-august-1968 Heilbron-toespraak] van 16 Augustus 1968, soos aangehaal in ''sahistory.org.za''.
 
* ... 'n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika ... Ons taak lê in die gebruik wat ons maak en sal maak van hierdie glansende werktuig ...
Line 57 ⟶ 77:
* Sal Afrikaans die Afrikanerryk oorleef?
**[[w:Jakes Gerwel|Jakes Gerwel]] in 1975, aangehaal in Sêgoed met slaankrag: 3 000+ van die slimste, snaaksste en soms onnoselste Suid-Afrikaanse aanhalings, George Claassen, ISBN 0624063194
 
* Die onlangse stakings deur skole weens die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium is 'n opsigtelike verset by hierdie skole teen hul sistematisering vir die verskaffing van 'goeie werkslui' vir die owerhede ... Ons besluit gevolglik om die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium heeltemal te verwerp, en om die studente wat die standpunt ingeneem het om hierdie dialek te verwerp, in alle opsigte te ondersteun [en] om ook die rasgeskeide onderwysstelsel te veroordeel.
** Resolusie by 'n konferensie van die South African Student Movement (SASM) in Roodepoort, voorgestel deur V. Ngema en gesekondeer deur T. Motapanyane op 28 Mei 1976, waarin Afrikaans veroordeel word en die boikot van klasse aanbeveel word, soos aangehaal in [http://www.sahistory.org.za/dated-event/resolution-against-use-afrikaans-taken-during-sasm-conference-roodepoort A resolution against the use of Afrikaans is taken during SASM conference in Roodepoort], ''sahistory.org.za''
 
* Die regering is bereid om so tegemoetkomend as moontlik te wees wat die gebruik van Afrikaans in swart skole betref. ... In die blanke gebiede van Suid-Afrika [egter], waar die regering die geboue oprig, die subsidies verleen en die onderwysers betaal, is dit ons reg om oor taalbeleid te besluit. Dieselfde geld vir skole in gebiede waar daar nie verpligte onderwys is nie. Waarom word leerlinge na skole gestuur as die [regering se] taalbeleid hulle nie pas nie?
** [[w:Andries Treurnicht|Andries Treurnicht]] op 17 Junie 1976 in Windhoek, in die nasleep van die [[w:Soweto-opstand|Soweto-opstand]], soos aangehaal in [http://www.sahistory.org.za/archive/down-afrikaans-oakes-d-ed1988-illustrated-history-south-africa-%26ndash%3B-real-story-reader%E2%80%99s-digest- Down with Afrikaans - Oakes, D. (red.), 1988. Illustrated history of South Africa – The real story, Reader’s Digest: Kaapstad], ''sahistory.org.za''
 
* Ongelukkig het Afrikaans sekere historiese konnotasies verwerf wat gelei het tot die verwerping daarvan deur die swartman, en dit is naamlik politieke konnotasies.