Adolf Hitler: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
JMK (Besprekings | bydraes)
vertaal uit en
JMK (Besprekings | bydraes)
kNo edit summary
Lyn 410:
** [[w:Ludwig von Mises|Ludwig von Mises]] ([1940], 1998). <I>Interventionism: An Economic Analysis</i>, vertaal deur Thomas Francis McManus en Heinrich Bund, onder redaksie van Bettina Bien Greaves. Irvington-on-Hudson, NY: Foundation for Economic Education Inc., ISBN: 1-57246-071-7, p. xiv.
 
* Hitler beskik nie oor 'n nuwe geheime wapen nie. Sy oorwinning is nie toeskryfbaar aan 'n uitstekende intelligensiediens wat hom inlig oor die planne van sy teenstanders nie. Selfs nie die veelbesproke 'vyfde kolonne' was hier deurslaggewend nie. Hy het gewen omdat die veronderstelde teenstanders reeds redelik simpatiek jeens die idees was wat hy voorgestaan ​​het. … 'n Ideologiese stryd met konstante toegewings aan die beginsels van die vyand is onvolhoubaar. Diegene wat kapitalisme wil weerlê as kwansuis onversoenbaar met die belange van die massas, en diegene wat verklaar dat die markekonomie ná 'n oorwinning oor Hitler 'vanselfsprekend' deur 'n beter stelsel vervang moet word en dat alles daarom nou deurgevoer moet word om regeringsbeheer oor besigheid so volledig as moontlik te maak, veg eintlik vir totalitarisme. … Die 'progressiewes' wat hulle tans as 'liberale' voordoen, sal wel uitvaar teen 'fascisme'; en tog is dit hulle beleid wat die weg baan vir Hitlerisme. … Niks kon die Nasionaal-Sosialistiese beweging 'n groter hupstoot gegee het as die metodes wat deur die 'progressiewes' aangewend word nie, waar Nazisme naamlik uitgekryt word as die dienaar van 'kapitaal'.
** [[w:Ludwig von Mises|Ludwig von Mises]] ([1940], 1998). <I>Interventionism: An Economic Analysis</i>, trans.in Engels vertaal deur Thomas Francis McManus en Heinrich Bund, onder redaksie van Bettina Bien Greaves. Irvington-on-Hudson, NY: Foundation for Economic Education Inc., ISBN: 1-57246-071-7, p. 88.
 
* Duitse werkers is die mees getroue ondersteuners van die Hitler-regime. Nazisme het hulle heeltemal ingepalm deur werkloosheid te elimineer en deur ondernemers na die status van voormanne (''Betriebsführer'') af te wentel. Grootsake, kleinhandelaars en kleinboere is teleurgesteld, maar arbeid is vergenoegd en sal hul by Hitler skaar tensy die oorlog 'n wending neem wat hul hoop op 'n beter lewe na vredesluiting in die wiele ry. Slegs militêre terugslae kan Hitler van hul steun ontsê. Die feit dat die kapitaliste en ondernemers by konfrontasie met 'n keuse tussen kommunisme en nazisme op laasgenoemde besluit het, benodig geen toeligting nie. Hulle het verkies om as Hitler se voormanne 'n bestaan te maak eerder as om onder 'n Stalinse bewind as die 'burgery' gelikwideer te word. Kapitaliste is niks meer genoë om uitgemoor te word as enigiemand anders nie. Die ellendige nadraai van die wanpersepsie dat die Duitse werkers teen Hitler gekant is, is reeds bewys deur Britse taktiek in die eerste oorlogsjaar. Die regering van Neville Chamberlain was vas oortuig dat die oorlog beëindig kon word deur 'n opstand van die Duitse werkers aan te stig. Pleks daarvan om op sterk bewapening en aanvalle te konsentreer, het hulle hul vliegtuie oor Duitsland gestuur om biljette neer te laat wat die Duitse werkers inlig dat Engeland nié hierdie oorlog teen húlle voer nie, maar wel teen hul verdrukker, Hitler. Die Engelse regering was goed bewus, het hulle gesê, dat die Duitse volk, en arbeid by uitstek, teen oorlog gekant was maar deur hul selfopgelegde diktator daaraan onderwerp is.