Adolf Hitler: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
JMK (Besprekings | bydraes)
vertaal uit en
JMK (Besprekings | bydraes)
kNo edit summary
Lyn 256:
** Opmerking teenoor [[w:Alfred Jodl|Alfred Jodl]], na verliese in die [[w:Slag van Stalingrad|Slag van Stalingrad]], soos aangehaal in ''The Second World War: An Illustrated History'' (1979) deur A.J.P. Taylo
 
* Kunswerke wat nie op sigself verstaanbaar is nie, maar net aan die hand van 'n bepaaldevoorgelegde voorbarige handleiding hul bestaan kan regverdig, sal nooit weer hul weg vind na die Duitse mense vind nie.
** In 'n toespraak die somer voor die Degenereerde Kunsuitstalling sonder sitasie in "[http://www.bbc.com/news/magazine-24819441 Degenerate art: Why Hitler hated modernism]" deur Lucy Burns, ''BBC''.
 
Lyn 331:
**[[w:Otto Strasser | Otto Strasser]], ''Hitler and I'', Boston: MA, Houghton Mifflin Company (1940) p. 93
 
* Ten spyte van die mate van samehorigheid wat steeds bestaan, speel persoonlikhede 'n toenemend belangrike rol in die hoër leierskap [van die Naziparty]. Hitler het miskien meer mag as tevore, maar hy is meer en meer 'n figuur wat hom van die werklikhede afsonder. Hy maak grootliks staat op [[:w:Rudolf Hess|Hess]], wat nou sy ware vertroueling is, en wat hy heel moontlik as sy Minister van Buitelandse Sake kan aanstel. [[:w:Hermann Göring|Göring]] en [[:w:Joseph Goebbels|Goebbels]] bly steeds getroue kamerade van Hitler en is ongetwyfeld tot hom verbonde, maar die verskil tussen die twee word gaandeweg meer opvallend. Goering is meer gematigd, terwyl Goebbels, in voeling met die temperament van die massas en 'n opportunis in die eerste instansie, meer radikaal word. As dit sou neerkom op 'n konfrontasie tussen die radikale en gematigde elemente, sal Goering besmoontlik aan die radikale kant na vore tree, en as die een met die beste vooruitsigte. [...] As hierdie regering aan bewind bly vir nog 'n jaar, en in dieselde maat op dieselde trant voortbou, sal dit baie doen om Duitsland 'n gevaar te maak vir wêreldvrede in komende jare.<br>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;Hierdie brief is baie onsamehangend want ek dikteer dit onder druk vir insluiting by die koerierpakkie. Wat ek eintlik wil sê, is dat hierdie land vir die hede 'n rigting ingeslaan het wat slegs die ruïnasie daarvan kan meebring, en 'n situasie sal skep wat wêreldvrede in gevaar stel. Enkele uitsonderings na is die manne wat hierdie regering lei, van 'n mentaliteit wat jy en ek nie kan verstaanbegryp ​​nie. Sommige van hulle is psigopatiese gevalle wat onder normale omstandighede iewers behandeling sal ontvang. Ander is verhewe en verkeer in 'n gemoedstemming wat geen rede ken nie. Die meerderheid is klaaglik onkundig en onvoorbereid vir die take wat hulle daagliks moet verrig. Die manne in die party en in verantwoordelike posisies wat werklik bekwaam is, en daar is heelwat van hulle, is magteloos omdat hulle die bevele van gesaghebbendes moet volg wat ly aan die abnormale psigologie wat tans in die land heers.
** [[w:George S. Messersmith|George S. Messersmith]], V.S. Konsul-Generaal te Berlyn, aan die V.S.A. se Onderminister van Buitelandse Sake, William Phillips, [http://udspace.udel.edu/handle/19716/6176 brief gedateer 26 Junie 1933]
 
Lyn 401:
** [[w:Friedrich Kellner|Friedrich Kellner]], ''My Opposition'', dagboekinskrywing van 24 Oktober 1939.
 
* Dat Hitler die oorhand kon kry oor sy etlike teëstanders is aan die aantrekkingskrag van sy eie persoonlikheid te danke, iets wat mens selfs in die onbeholpe skryfstyl van ''Mein Kampf'' kan aanvoelbespeur, maar wat ongetwyfeldkennelik oorweerstaanbaar is wanneer mens na sy toesprake luister. Ek wil dit graag op skrif stel dat ek nooit 'n afkeer in Hitler kon koester nie. ToeMet hysy aan bewind gekom hetbewindsname was ek egter nog, soos bykans almal op daardie tydstip, onder die wanindruk dat hy nie van enige belang was nie. Ja, ek sal hom beslis doodmaak as hy binne armlengte kom, maar dan nie uit enige persoonlike wrewel nie. Die feitrealiteit is dat daar iets baie aanloklik aan hom is. Mens ervaar dit opnuut as jy sy foto's bekyk – en ek sal veral die foto teenoor die titelblad van die Hurst en Blackett-uitgawe aanbeveel, waar Hitler in sy vroeë Bruinhemde-dae uitgebeeld word. Dit wys 'n patetiese hondagtige gelaat, die gesig van 'n man wat onder ondraaglike vergrype gebuk gaan. In 'n wellig meer manlike opsig versinnebeeld dit die effekindruk van ontelbare Christusse, elkeen as gekruisigde uitgebeeld, en daar bestaan kwalik twyfel dat Hitler homself ook so sien. Oor die beweegrede vir sy oorspronklike, persoonlike grief jeens die heelal kan daar maar gegis word; en tog is die grief daar. Hy is die martelaar, die slagoffer, Prometheus aan die rots vasgeketting, die selfopofferende held wat eiehandig teen geweldige oormagte stry. As hy 'n muis vermorsel, sousal hy weet hoe om dit na 'n draak te laat lyk. 'n Mens voel, soos bymet Napoleon, dat hy 'n teen die noodlot rebelleer, en onmoontlik daarteen opgewasse is, maar tog om hierdie of daardie rede verdien om te wen. Die aantrekkingskrag van so 'n houding is natuurlik enorm; die helfte van die films wat 'n mens sien, wentel om so 'n tema.<br>Ook het hy die valsheid van die hedonistiese lewenshouding ingesien. Byna alle Westerse denke sedert die vorige oorlog, sekerlik alle 'progressiewe' denke, het stilswyend aanvaar dat mense niks meer as gemak, veiligheid en die vermyding van pyn nastrewe nie. In so 'n lewensbeskouing is daar byvoorbeeld nie ruimte vir patriotisme en militêre deugde nie. Die sosialis wat uitvind dat sy kinders met bliksoldaatjies speel, is gewoonlik ontsteld, maar hy kan nooit aan 'n plaasvervanger vir die soldaatjies dink nie; blik-pasifiste sal tog nie deug nie. Hitler, danksy sy eie vreugdelose verstand, ervaar dit met buitengewone potensie dat mense nié bloot met gemak, veiligheid, kort werksure, higiëne, geboortebeperking en nugtere denke in die breë tevrede is nie; hulle wil, minstens by uitsondering, stryd en selfopoffering hê, om nie te praat van tromme, vlae en lojaliteitsparades nie. Welke bestaansreg hulle ook al as ekonomiese teorieë mag verdien, is fascisme en nazisme psigologies baie meer houdbaar as enige hedonistiese lewensopvatting. Dieselfde geld waarskynlik vir Stalin se gemilitariseerde weergawe van sosialisme. Al drie die groot diktators het hul mag versterk deur hul volke ondraaglike laste op te lê. Terwyl sosialisme, en selfs kapitalisme op 'n meer omsigtige wyse, aan mense gesê het: "Ek bied jou 'n goeie tyd," het Hitler vir hulle gesê: "Ek bied jou stryd, gevaar en dood," en as nagevolg werp 'n hele volk hulself aan sy voete. Miskien sal hulle later moeg word daarvan en van plan verander soos aan die einde van die laastevorige oorlog. Na 'n paar jaar van slagting en uithongering is "Grootste geluk vir die oorgrote meerderheid" miskien 'n goeie slagspreuk, maar opvir hierdiedie oomblikhede is "Eerder 'n einde met afgryse as 'n afgryse sonder einde" 'n wenner. En noudat ons veg teen die man wat dit uitgedink het, moet ons nie die emosionele aanloklikheid daarvan onderskat nie.
** [[George Orwell]], [http://boingboing.net/2014/08/17/orwells-review-of-mein-kampf.html Resensie van ''Mein Kampf''] (Maart 1940).