Johann Sebastian Bach
Duitse komponis en musikant van die Barokera
Johann Sebastian Bach (31 Maart [O.S. 21 Maart] 1685 – 28 Julie 1750) was 'n Duitse komponis van die Barokera. Etlike Bach-nasate was ook komponiste, maar Johann Sebastian word as die beroemdste gereken. Hy is veral bekend vir sy gewyde musiek, orrelmusiek en kamerorkesmusiek.
Aanhalings
wysig- Dem höchsten Gott allein zu Ehren,
Dem Nächsten draus sich zu belehren.- Om die hoogste God alleen te eer,
om die naaste daardeur te leer. - Epigraaf tot die Orgelbüchlein, aangehaal deur Carl Hermann Bitter in Johann Sebastian Bach (Berlyn: Ferdinand Schneider, 1865), band 1, p. 145
- Om die hoogste God alleen te eer,
- Und soll wie aller Musik also auch des Generalbasses Finis und Endursache anders nicht als nur zu Gottes Ehre und Recreation des Gemütes sein. Wo dieses nicht in acht genommen wird, ists keine eigentliche Musik, sondern ein Teuflisches Geplerr und Geleier.
- En moet soos alle musiek ook die basso continuo, eens en vir altyd niks anders wees nie, as net tot Gods eer en vir die verkwikking van die gemoed; waar dit nié in ag geneem word nie, is dit geen werklike musiek nie, maar 'n duiwelse geklop en geknars.
- Aangehaal in Ludwig Prautzsch Bibel und Symbol in den Werken Bachs, p. 7 [1]
- Bei einer andächtigen Musik ist allezeit Gott mit seiner Gnaden Gegenwart.
- By gewyde musiek is God altyd met sy genade teenwoordig.
- Annotasie in 'n afskrif van die Calovbybel, soos aangehaal in John Butt (red.) The Cambridge Companion to Bach (Cambridge: Cambridge University Press, 1997), p. 256
Musikale aanhaling
wysigAanhalings oor Bach
wysig- Nie Spruit moet sy naam wees nie, maar Oseaan.
- Een van die mees buitengewone dinge omtrent die mees buitengewone musikant in die geskiedenis, is die feit dat hierdie man se musiek wat vandag so 'n magiese aantrekkingskrag op ons uitoefen, en waarteen ons geneig is om die hoogtepunte in die kuns van musiek in die afgelope twee eeue op te weeg, dat hierdie musiek absoluut geen invloed op die musikante of die publiek van sy eie tyd uitgeoefen het nie. En die verbasende omtrent Bach is verder dat hy glad nie inpas by ons opvatting van die misverstane genie wat sy generasie jare vooruit was nie. Hy is inderdaad verkeerd verstaan, en wel nie omdat hy sy tyd vooruit was nie, maar eerder omdat hy volgens die musikale ingesteldheid van sy dag, geslagte daaragter was.
- Glenn Gould in Glenn Gould on Bach (1962)
- Bach open 'n uitsig op die heelal. Nadat hulle hom ervaar het, voel mense dat daar tog betekenis aan die lewe is.
- Helmut Walcha, soos aangehaal in review of Adagio: A Consideration of a Serious Matter (Oktober 2013), deur Jean-Yves Duperron