Afrikaanse spreekwoorde
(Vanaf Afrikaanse spreekwoord aangestuur)
A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K - L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W - X - Y - Z - Sien ook
A
wysig- Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang.
- Gesê van iemand wat die skuld op ’n ander probeer pak.
- Agteros kom ook in die kraal.
- Al dra 'n bobbejaan 'n goue ring, bly dit steeds 'n lelike ding.
- 'n Ander man se briewe is duister om te lees.
- 'n mens kan nooit presies sê hoe dit finansieel, emosioneel of andersins met 'n ander mens gesteld is nie.
B
wysig- Bak en brou.
- Knoei.
- Blaffende honde byt nie.
- Hy dreig meer as wat hy werklik doen.
- Boontjie kry sy loontjie.
- 'n Skelm spring sy straf nie vry nie.
- Buig die boompie terwyl dit jonk is.
- Vorm die kind se karakter terwyl hy/sy nog klein is.
- Bo my vuurmaak plek
- 'n Vuurslag wat 'n vonk in die verstand teweeg bring.
D
wysig- Die appel val nie ver van die boom nie.
- Die kind is soos die sy ouers , innerlik of uiterlik
- Die berg het ’n muis gebaar.
- Die bordjies is verhang.
- Toestande is nou anders (wie vroeër die wenner was, is nou die verloorder).
- Die doel heilig die middele.
- Gesê wanneer ’n mens dink dat jy alle middele kan aanwend, selfs slegtes, solank jou oogmerk goed is.
- Die doodskleed het geen sakke nie.
- 'n Mens kan niks wat jy besit na die hiernamaals saamneem nie.
- Die een se dood is die ander se brood.
- Die een word bevoordeel uit die skade wat ’n ander een ly.
- Die kerkhof het 'n stukkie grond wat vir elkeen pas.
- Dit gaan so tussen die boom en die bas.
- Dit gaan so-so.
- Dit waarna iemand so gretig uitgesien het, het toe op niks uitgeloop nie.
- Dit wil gedoen wees.
- Dit sal moeilik wees om hierdie prestasie te ewenaar.
- Donkerwerk is konkelwerk.
- ’n Mens knoei wanneer jy in die donker werk.
E
wysig- Eers baas, dan Klaas.
- Eers die meerdere, dan die mindere.
- Elke swart kraai dink sy eier is die witste.
- Elke persoon sien sy eie prestasie as die beste.
- Elke ma dink haar donkie is 'n renperd
- Een swaeltjie maak nog nie somer nie.
- "Een goeie teken is nie genoeg nie"
G
wysig- 'n Goeie begrip het ’n halwe woord nodig.
- As iemand gou verstaan wat jy wil sê, hoef jy nie so volledig te verduidelik nie.
- Gou by die bak, lui by die vak.
- Gou om te eet, maar stadig om te werk.
H
wysig- Haastige hond verbrand sy mond.
- Wie haastig is, sal spyt wees.
- Hoë bome vang die meeste wind.
- Mense in belangrike posisies word die meeste gekritiseer.
- Hy weet waar Dawid die wortels gegrawe het.
- Hy is op hoogte van sake en laat hom nie maklik fop nie. add a speech
I
wysig- In die land van die blindes is eenoog koning.
- Onder ’'n groep mense wat niks van iets weet nie, blink die een mens uit wat wél so ’n bietjie kennis daarvan het.
- In Europa hebben ze klokken, wij hebben de tijd.
- Moderne Afrikaans: In Europa het hulle klokke; ons het die tyd.
J
wysig- Je bent nooit te arm om te geven. (Otto de Bruin voeg hierby: En niemand is te rijk om te ontvangen.)
- Moderne Afrikaans: Jy is nooit te arm om te gee nie. (Otto de Bruin voeg hierby: En niemand is te ryk om te ontvang nie.)
K
wysig- "Kop in een mus wees."
- Kyk so 'n doring!
- Skertsend gesê van iemand wat presteer het.
L
wysig- Ledigheid is die duiwel se oorkussing.
- Niksdoeners bedink allerhande onheilighede.
- Liewer dood as uit die mode.
- Gesê waar iemand tot elke prys die mode volg.
M
wysig- 'n Mak hond byt die seerste.
- Iemand naby aan jou sal jou seerder maak as 'n vreemdeling.
- Moenie die boer die kuns afvra nie.
- Moenie te veel uitvra omtrent iets as iemand nie die geheim wil verklap nie.
N
wysig- Net een dood skuldig wees.
- Niks ergers as die slegste kan ’n mens tref nie.
- Nuwe besems vee skoon.
- Nuwe werkers werk goed, maar 'n mens weet nie hoe deeglik hulle hulle vorentoe van hul taak gaan kwyt nie.
S
wysig- Skoonheid vergaan, maar deug bly staan.
- Deug alleen is onverganklik.
- Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond
- Gesê van ’n skynbaar ingetoë mens wat heimlik allerhande stoutighede aanvang.
- Sy blaf is erger as sy byt.
- Hy dreig meer as wat hy werklik doen.
V
wysig- Van die dood in die wêreld gekom het, is ’n mens nie seker van jou lewe nie.
- ’n Mens kan nooit seker wees wat in die toekoms sal gebeur nie.
- Verbod terg die lus.
- Van die os op die jas
- Verandering van onderwerp
W
wysig- Wie A sê, moet ook B sê.
- Wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou.
- Wie nie waag nie, wen nie.
- Wie nie waag nie, sal nie saag nie.